Wie Is Ons?

Woema is…wel lees hieronder meer van Woema.

Wie is ons

Wie en wat is Woema?

Woema Produksies

Woema Produksies, vir professionele videos.

Televisie

Woema reeks 8 het onlangs uitgesaai op kykNET, kanaal 144 – DSTV

WoemaGeeOm

Met WoemaGeeOm – ‘n NWO – samel die span geld in vir bybels en deel graag landwyd uit.

Die eerste 13 episodes van Woema is tussen Januarie en April 2008 uitgesaai. Die reeks het die geboorte van ‘n televisieprogram oor motorfietse bedryf en die kykers is bekend gestel aan die karakters wat met hul humoristiese aanbiedingstyl, die motorfiets wêreld ondersoek. ‘n Mengsel van humor, nuttige informasie en avontuur het gou ‘n gehoor begin trek en die premier episodes en herhalings het duisende kykers per week gelok.
In 2009, begin die tweede reeks van 13 episodes. Die keer was daar meer avontuur en steeds die humor en handige wenke van die eerste reeks.
Teen die derde episode van die reeks was kykertalle per week reeds so hoog soos 220 000. Daar is ook sterk aanduidings dat die program baie engelse, swart en Indiër kykers trek. Die formaat van die program is verskerp asook die produksie waarde.
In 2011 het die derde reeks van WOEMA begin. Daar was nou groot avontuur in elke episode en meer van die gewone ouens wat in die leefstyl van motorfiets ry verdiep. Die produksie standaarde van die reeks is weereens hoog en dit maak Woema ‘n gemaklike program om na te kyk. Teen die tyd was die herkenbaarheid van die naam en logo, Woema groot en het kyker interaksie geweldig gegroei.
Woema die vierde reeks is Vrydag die 6e Januarie 2012 weer uitgesaai om 17h30 op kykNet. Theunis en Lindie het al klaar begin opneem en die nuwe gesigte van Woerma gaan jou nog ure se vermaak opdis. Daar is ook van gasaanbieders gebruik gemaak en Woema, bike in jou taal, het groot getalle kykers gelok met tot 280 000 mense wat voor die kassie vasgenael was.
Die 5e Oktober 2012 het die vyfde reeks van Woema begin uitsaai met meer en meer motorfiets in Afrikaans.
Reeks 6 was uitgesaai vanaf 2 Januarie 2014 waarna reeks 7 uitgesaai was tussen Januarie en Maart 2017.
Met die sukses was dit ‘n groot hoogtepunt toe die span die 100e episode in reeks 8 uitgesaai het die 21e September 2017.

Woema! die tydskrif het 3 jaar lank menigte vermaak en ingelig gehou met die nuutste gebeurlikhede in die motorfiets wêreld.
Die tydskrif was propvol lekker lees bakgat ry-stories, toetse, inligting, nuus en vele meer. Die fokus was om die leser ‘n verteerbare kan-nie-mis maandelikse opkikker te gee. Met die digitale platvorm wat elke maand gegroei het was daar ook gebruik gemaak van sosiale media en digitale opsies om ‘n groter getal leser te bereik.

Tydskrif

Woema het vir 45 maande die enigste Afrikaanse motorfietstydskrif uitgegee.

Pin It on Pinterest

Share This