Welkom by

Woema

Jan Sand

Avonture en om avontuur motorfiets te ry was nog altyd’n groot deel van my lewe. Hierdie avonturier is nie so gemaak nie, maar so gebore! Dit gaan oor ‘n drang om die onbekende te verken. Om mens en masjien te neem en jouself te put teen die natuur en die elemente. Dit gaan ook oor die verkenning van ander lande en kulture, en verdieping van jouself as mens in jou omgewing. Laastens is dit oor die reis, oor hoe jy daar gekom het, en die beproewings langs die pad. Avontuur ry gaan oor die oopheid, die verken van my omgewing, te kamp onder die sterre, om naby aan die natuur te leef en om lekker te kuier saam met goeie vriende. Soms is dit om my grense te toets en verbreed, maar altyd met goeie oordeel en respek vir die masjien waarop ek ry. Ek probeer altyd nederig teenoor die natuur en die mense rondom my te wees. Maar die mees belangrikste rede van alles is om soveel pret as moontlik te hê!

Alwyn

Wat 5 jaar terug eintlik moes gewees het as n goedkoper manier om te pendel werk toe en terug – het in n nuwe leefstyl ontstaan. Avontuur motorfiets het ons lewens oorgeneem!

Wat beteken die woorde avontuur motorfiets ry? Vir my is dit die volle oorgee van jouself aan die natuur, die onbekende, die weer, omstandighede en dinge te aanvaar soos dit is, maar tog is jy in beheer van die fiets onder jou waar die wiele êrens heen oor die grondpad dans. Om in die onbekende te verdwaal, vind jy meer uit oor jouself.

Van dag ritte tot oorgrens avonture, as die wiele rol is Michelle en ek daar. Is een ding om avonture te gaan opsoek, maar om dit saam jou beste maat, mees liefdevolle vrou te doen is ‘n storie op sy eie!

Soos die vader van die Dakar, Thierry Sabine aangehaal het, “A challenge for those who go. A dream for those who stay behind”.

Kom ry dus gerus saam dat ons die pragtige dele van Suider Afrika saam kan gaan verken.

Gelande Strasse – BOO JAH!

Michelle

Van Tutu rokkies en haar gel na Offroad boots en pink Helmets, het ek ‘n nuwe leefstyl aan geneem vir die beter. Die plekke, paaie en mense wat ek oor die laaste drie jaar ontmoet het, sou my tutu rokkie nooit daar uit kom nie. My 650 Cross Country is soos my Sussie, ons gaan oorals saam, ontdek nuwe paaie, pak nuwe avonture aan en maak herinneringe saam. Om iets so in jou bloed te ontdek is absoluut finominaal.

Charné

Van Kwazaki, Honda, Harley is ek nog altyd groot gemaak met twee wielle in my bloed. Motorfiets ry was nog altyd ‘n passie, ‘n passie wat ek nooit die geleentheid gehad het om te ontbloot nie tot nou toe. Ek voel weer kind- innig gelukkig om te kan leer motorfiets ry en avonture te kan beleef waarvan mense net kan droom. Vir my is dit nie net ‘n werk nie maar ‘n nuwe lewe.

 

 Lauri

Van my drie grootste passies is Afrika avontuur, motorfietse en fotografie.  Al 3 elemente vorm tesame my lewensstyl en dit laat my bloed gelukkig deur my are bruis.  My 1200 GS vervul die wilde ongerepte avontuur terwyl my R1100S Boxercup my liefde vir brute krag vervul.  In my dag tot dag werk is ek “Veterinary Regulatory Consultant” by Afrivet in Silverlakes. Ons maak dieremedisyne en sodoende kan ek ook my deel doen om my geliefde diere te help.  Ek is ook in die agtergrond stadig besig om my eerste solo Afrika motorfietsrit te beplan.  Alles in goeie tyd… 🙂